4 Quotes by Francis Galloway
- Author Francis Galloway
-
Quote
En skryf – vir ons – ’n gedig oor: “Die herinnering aan ’n aand is ’n appel”; en verbind dit met Adam-en-Eva se appel; en eet die appel aan die einde; en vra dan: En nou? Jy sal weet hoe. Ek is nie ’n digter nie.
- Tags
- Share
- Author Francis Galloway
-
Quote
Dís altyd vir my die bitterste van die hele skryfbestaan: dat jy tydens die vreugde-en-ellende van die proses self, én daarna, jou woorde net vir jouself het, maagdelik, heeltemal ongerep. Maar dat dit ook roep om die wêreld in te gaan; en dat die eerste oë wat daarna kyk, goedkeurend of afkeurend maak nie saak nie, daardie ongereptheid verstoor. Of is dit maar die óú oortuiging van iets magies wat kleef aan alles wat pril is?
- Share
- Author Francis Galloway
-
Quote
Ek weet ons staan vry teenoor mekaar, bind mekaar aan niks, verbind mekaar tot niks: maar ek wens ek kon by jou wees; en help. Nie net om ’n woonplek te kry en al die peuterighede van elke dag te deel nie; maar – dalk – om te help om van alleenwees langsaam te genees.
- Share
- Author Francis Galloway
-
Quote
Te troebel vir skryf. Te verwond vir lewe.
- Share