19 Quotes by Jaco Strydom about confessions



  • Author Jaco Strydom
  • Quote

    Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met dié wat MIV-positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie . . .

  • Tags
  • Share

  • Author Jaco Strydom
  • Quote

    Ek het al dikwels gesien hoe mense wat ons Echo-gemeenskap besoek, aanvanklik heel beïndruk is, maar gou ’n mate van ontnugtering beleef as hulle ons eers beter leer ken. Daar is dalk liefde en selfopoffering, maar daar is ook baie chaos en konflik. Ek wonder soms, wat het hulle verwag, St Franciscus se happy band of brothers? I wish!

  • Tags
  • Share


  • Author Jaco Strydom
  • Quote

    Eers het ek die arme diertjies wat skynbaar nie op hulle eie kon loop nie en gedra moes word, jammer gekry. Maar toe merk ek op dat die meeste van hulle eintlik besonder gelukkig lyk – veral die skilpadjies het gelyk of hulle glimlag. Die titel van die boek was The mating game. Toe ek uiteindelik besef waaroor dit gaan, het ek die boek gaan wegsteek, uit vrees dat my pa sou probeer verduidelik – en dat ek sou moes maak of ek vir die eerste keer in my lewe van seks hoor.

  • Tags
  • Share


  • Author Jaco Strydom
  • Quote

    Van nature streef ons daarna om goed te lyk en goed te voel, eerder as om goed te wees en beter te word. Die meeste van ons energie gaan dan daarin om te beïndruk of te verdoof, eerder as om te groei.

  • Tags
  • Share

  • Author Jaco Strydom
  • Quote

    Een van die kerk se grootste uitdagings in die poging om ’n vredemaker te wees, is om ruimte te skep vir konflik. As ons regtig wil luister (en hoor), sal ons moet leer om nie net spanning te probeer oplos nie, maar ook om spanning te verdra.

  • Tags
  • Share